| Die Heilige Graal (van Oudfrans graal "skottel") is
een van die bekendste mites van die Westerse geskiedenis
en letterkunde, wat mense nou al agt eeue lank bekoor.
Die vroegste bronne van die Graal-tematiek is
waarskynlik nie Christelik nie; die graalslegendes is
blykbaar verwerkings van ou Keltiese motiewe uit die
Mabinogion, soos byvoorbeeld koning Artus se reis na die
ketel van Annwn. Die Graal-tematiek vermeng moontlik
kenmerke van ou vrugbaarheidskulte, Keltiese mites en
Christelike motiewe en simboliek.
Die Heilige Graal is aanvanklik as 'n steen, 'n boek
of 'n standbeeld voorgestel. Later word dit as 'n kelk,
'n bord of as 'n ketel beskryf. Met die eerste
verwerking in die middeleeuse literatuur van die laat
12de eeu word die Graalslegendes sterk Christelik
beļnvloed; die Graal word nou onder meer as die mitiese
jaspisbeker beskou, wat Jesus Christus tydens die Laaste
Avondmaal gebruik het en waarin Josef van Arimatea nį
Jesus se kruisiging sy bloed opgevang het. Later het hy
dit volgens legendes na die Britse eilande gebring.
Wonderdadige krag word aan die Graal toegeskryf. Die
beskouer van die Graal sou 'n mistieke verligting ervaar.
Soms is die Graal ook as die onuitputlike bron van
wonderlike geregte by 'n feesmaal uitgebeeld.
Volgens ander Middeleeuse bronne (byvoorbeeld die
Duitse digter Wolfram von Eschenbach) is die Graal
eerder 'n wonderdadige steen wat op die burg
Montsalvatch ("Berg van die Verlossing") bewaar word.
next
|