Home Page - Copyright - Notizie Legali - Avvertenza Immagini - Novitą - Argomenti - Dizionari - Arte e Storia - Cine Film Movies - Una Immagine Una Storia

Heilige Graal

 

References

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Heilige Graal (van Oudfrans graal "skottel") is een van die bekendste mites van die Westerse geskiedenis en letterkunde, wat mense nou al agt eeue lank bekoor. Die vroegste bronne van die Graal-tematiek is waarskynlik nie Christelik nie; die graalslegendes is blykbaar verwerkings van ou Keltiese motiewe uit die Mabinogion, soos byvoorbeeld koning Artus se reis na die ketel van Annwn. Die Graal-tematiek vermeng moontlik kenmerke van ou vrugbaarheidskulte, Keltiese mites en Christelike motiewe en simboliek.

Die Heilige Graal is aanvanklik as 'n steen, 'n boek of 'n standbeeld voorgestel. Later word dit as 'n kelk, 'n bord of as 'n ketel beskryf. Met die eerste verwerking in die middeleeuse literatuur van die laat 12de eeu word die Graalslegendes sterk Christelik beļnvloed; die Graal word nou onder meer as die mitiese jaspisbeker beskou, wat Jesus Christus tydens die Laaste Avondmaal gebruik het en waarin Josef van Arimatea nį Jesus se kruisiging sy bloed opgevang het. Later het hy dit volgens legendes na die Britse eilande gebring.

Wonderdadige krag word aan die Graal toegeskryf. Die beskouer van die Graal sou 'n mistieke verligting ervaar. Soms is die Graal ook as die onuitputlike bron van wonderlike geregte by 'n feesmaal uitgebeeld.

Volgens ander Middeleeuse bronne (byvoorbeeld die Duitse digter Wolfram von Eschenbach) is die Graal eerder 'n wonderdadige steen wat op die burg Montsalvatch ("Berg van die Verlossing") bewaar word.

next

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

next

 

 


Il copyright delle immagini riprodotte a fini documentativi e di critica, ove non espressamente indicato, si intende dei singoli autori, editori o di chiunque ne detenga i diritti. Tutte le immagini sono inserite nel contesto dell'art. 70 Legge 22 aprile 1941 n. 633 - All Images are inserted in the context of the matter brought in the title and is addressed to the analysis and critic of the film, book or other and it avails itself of the right of quotation sanctioned by art. 70 of the copy-right italian law (Legge 22 aprile 1941 n. 633) - If you find here something of your own property, please contact Mito e Mistero at adaraffaelli@libero.it to publish the documented correct copyright or source, o to erase those materials from these web sites. Thank You.